VN stuur feitesending na Sudan

Die Verenigde Nasies se feitesending oor Sudan het ‘n ondersoek begin oor berigte van herhaalde aanvalle op burgerlikes en infrastruktuur soos hospitale en skole. Dit volg terwyl duisende burgerlikes sedert April verlede jaar dood is in gevegte tussen Soedan se gewapende magte en die paramilitêre Rapid Support Forces. Meer as 6 miljoen mense in die land is ontwortel en nagenoeg 25 miljoen benodig humanitêre hulp. Die VN versoek die strydende groepe vir ‘n onmiddellike skietstaking en ongehinderde toegang tot humanitêre hulp.