Jagseisoen, kieswet deel van kabinet se beslissings
Die jongste kabinetsbesluite is deur die inligtingsminister, Emma Theofelus, bekend gemaak. Die kabinet het die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie opdrag gegee om in samewerking met die justisie-ministerie ‘n wysiging voor te berei aan artikel 77(4) (a) van die Kieswet. Dit is om duidelikheid te verskaf oor die wetlike bepalings van lede van die staatsdiens wat aan verkiesings wil deelneem. Die wysiging moet reflekteer dat sodanige persone geag word om te bedank het nadat hulle tot die Nasionale Vergadering of ‘n streekraad verkies is, en nie voor of nadat hulle genomineer is nie. Theofelus is aan die woord.
Die kabinet het ook die aankondiging van die 2024-jagseisoentydperk van 1 Mei tot 31 Augustus vanjaar goedgekeur.