NLU wag vir loonopgawes

Die Namibiese Landbou-unie herinner lede aan die Landbouwerkgewersvereniging se loonopgawe wat teen 30 April by die kantoor moet wees. Tot op hede het slegs 220 lede die vorms ingedien, 13,2 persent van die ledetal. Die unie sê indien die deelname te laag is, kan dit die geloofwaardigheid van die loonopgawe-projek benadeel.