Kommer oor terreuraanval in VSA

Die FBI is bekommerd oor die moontlikheid van ‘n georganiseerde aanval in Amerika, sootgelyk aan die een verlede maand in Rusland. Minstens 144 mense is dood nadat militante ‘n konsert aangeval het in Moskou, met ‘n tak van Islamitiese Staat wat aanspreeklikheid aanvaar het. Die direkteur van die FBI Christopher Wray sê daar was nog selde in sy loopbaan ‘n tyd waarop daar gelyktydig so baie bedreigings teen Amerika se openbare veiligheid en nasionale sekerheid was. Hy vra die hernuwing van ‘n waarnemingsplan wat aan die einde van die maand verval.