Britse vlootlede hoef nie te kan swem nie
Die besluit deur die Britse Koninklike Vloot om die vereiste te laat vaar dat rekrute moet kan swem word beskryf as ‘n teken van ware desperaatheid. Hulle moes in die verlede ‘n swemtoets van ‘n halfuur slaag. Die vloot ontken hy verlaag sy standaarde en sê dit beteken net mense wat swak of glad nie kan swem nie, sal nie meer swemlesse hoef te neem voor hulle aanmeld nie. Vlootbevelvoerders is na wat berig word onder druk om meer lede te werf na ‘n ernstige afname in aansoeke verlede jaar.