Is Geingob se begrafnis gebruik vir kaders se verryking?
‘n Maand-en-‘n-half na wyle president Hage Geingob begrawe is, weet die regering steeds nie hoeveel spandeer is aan die drie weke van rou en die staatsbegrafnis nie. Geingob is op 4 Februarie dood en is op 25 Februarie begrawe. Volgens die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, kom fakture steeds in. Hy het gesê die finale kostes sal bekend gemaak word sodra alle betalingsprosesse afgehandel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die amptelike opposisie party, die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, wat sê die regering moet verantwoording doen oor belastingbetalers se geld.