‘OJ se dood nie ‘n groot verlies vir wêreld nie’

Fred Goldman sê die afsterwe van OJ Simpson versterk net die hartseer oor sy seun, Ron. Sy liggaam is in Junie 1994 in Los Angeles met steekwonde aangetref saam met sy vriendin, Simpson se eksvrou, Nicole Brown. Die voormalige voetbalster, OJ is vrygespreek van die moorde en hy is nou op 76 aan kanker oorlede. Goldman sê Simpson se heengaan is nie ‘n groot verlies vir die wêreld nie. In 1997 het Goldman senior en die familie van Brown daarin geslaag om Simpson siviel aanspreeklik vir die twee sterftes te hou. ‘n Jurie het skadevergoeding van 33,5 miljoen Amerikaanse dollar toegestaan. Maar Simpson se drama was nog nie verby nie. In 2007 is hy nege jaar tronk toe gestuur vir ‘n gewapende roof waar hy sport memorabilia by ‘n kasino in Las Vegas gesteel het.