Brasilië wil Namibië-sakebetrekkinge verdiep

Brasilië wil graag sy samewerking en ekonomiese- en handelsbetrekkinge met Namibië verdiep. Sy ambassadeur in Namibië, Vivian Loss Sanmartin, sê moontlikhede om handel tussen Brasilië en Namibië te verhoog is byna onbeperk. Sy het gepraat terwyl sy ‘n sakegemeenskap-afvaardiging van 10 lede van Brasilië na Namibië verwelkom het. Die afvaardiging is in Namibië vir ‘n weeklange besoek om sake- en beleggingsgeleenthede te ondersoek. Loss Sanmartin is aan die woord.