Republikeinse Party wil met witmense praat: Mudge

Met die verkiesing wat nader kom, maak politieke partye gereed vir hul verskillende veldtogte. Kosmos 94.1 Nuus het met die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, gesels oor die planne vir die party. Die Republikeinse Party is in Oktober 1977 gestig toe ‘n wegbreekgroep in die land van die Suid-Afrikaanse Nasionale Party afgesplinter het oor sy aandrang om apartheidswette in Namibië in plek te hou. Die RP het in November 1977 by die DTA aangesluit en in die Alliansie gebly tot 2003, toe dit as ‘n onafhanklike party by die Direktoraat van Verkiesings geregistreer het. Mudge is aan die woord.