Moet niemand betaal wat jou bel nie: Stad Windhoek

Die Stad Windhoek waarsku inwoners teen swendelaars wat inwoners bel en vra dat hulle betalings maak om te verhoed dat hul munisipale dienste afgesny word. Die Stad sê hulle het niemand gemagtig om inwoners te bel vir betalings via e-wallet of EFT of aanlynbankdienste nie. Inwoners moet geen betalings maak aan enigiemand anders as amptenare van die Stad Windhoek wat by die kontantsale gestasioneer is nie, waar hulle ‘n kwitansie sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Stad Windhoek se woordvoerder, Cillie Kapolo, gepraat.