Zuma se privaat vervolging van Cyril uitgestel

Die Hooggeregshof in Johannesburg het oud-president Jacob Zuma se privaat vervolging van president Cyril Ramaphosa uitgestel tot 6 Augustus. Dit laat Zuma toe om Ramaphosa se betoog teen sy appèl teen ‘n Appèlhof-uitspraak dat die vervolging onwettig en ongrondwetlik is, te weerlê. Hy wil Ramaphosa vervolg as ‘n medepligtige in sy saak teen aanklaer Billy Downer en joernalis Karyn Maughan. Advokaat Dali Mpofu ontken Zuma se saak is onwettig.