Geen bek-en-klouseer, longontsteking by kleuterskool: ministerie

Die gesondheid-ministerie het gerugte van bek-en-klouseer sowel as longontsteking in ‘n kleuterskool in Windhoek verwerp. Dit kom nadat ’n boodskap wat in gemeenskappe versprei is, met ouers gedeel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Walters Kamaya, woordvoerder van die gesondheid-ministerie, wat sê wanneer skoolbestuur sulke inligting vermoed, moet hulle die ministerie inlig sodat hulle ondersoek kan instel in plaas daarvan om paniek onder ouers te veroorsaak.

Kosmos 94.1 Nuus het na die onderwysministerie uitgereik, wat sê dat hulle nie bewus is van sulke inligting nie.