Nadal hoop om fiks te wees vir Barcelona-ope

Tennis: Die koning van klei, Rafael Nadal, het begin voorberei vir volgende week se Barcelona-ope in sy tuisstad. Die Spanjaard sukkel met sy fiksheid na ‘n reeks beserings wat hom die grootste deel van die afgelope jaar van die baan afgehou het. Die 37-jarige ster moes verlede week aan die Monte Carlo-ope onttrek, maar hoop om gereed te wees vir Barcelona. Die toernooi sal deel wees van sy voorbereiding vir die Franse Ope waar hy mik na sy 15de titel.