Werksektor is in chaos – vakbond

Die Revolusionêre Unie, die breinkind van die Regstellende Herposisioneringsbeweging, is op 27 April verlede jaar deur die arbeidskommissaris erken. Die unie is daarop gemik om die sukkelende werkersklas by te staan. Toe die unie nog nie geregistreer was nie, het dit opslae gemaak toe hulle werkgewers gekonfronteer het wat daarvan beskuldig was dat hulle werkers mishandel en video’s van hierdie ontmoetings op sosiale media gedeel het. Die ongeregistreerde Namibia Security Workers Union – wat Michael Amushelelo ook gestig het, het Dinsdag veiligheidswagte van verskeie maatskappye gemobiliseer en ‘n onwettige staking gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met Julius Natangwe, die sekretaris-generaal van die Revolusionêre Unie, gesels oor die uitdagings wat hulle as ‘n geregistreerde vakbond in die gesig staar.