EU stem ooreen oor nuwe migrante reëls

Die Europese Parlement het die hervorming van reëls vir asielsoekers en migrasie in die Europese Unie goedgekeur. Volgens die unie se Asiel- en Migrasie-ooreenkoms moet die EU se 27 lande duisende migrante van frontlinie-lande soos Italië, Griekeland en Spanje aanvaar, of ekstra befondsing of hulpbronne verskaf. Verlede jaar het sowat 380 000 mense die EU se grense onwettig oorgesteek wat die hoogste syfer sedert 2016 is. Die Europese Parlement se president, Roberta Metsola, sê geskiedenis is gemaak: