Spele: Seine is so vuil, swemdeel van driekampdalk af

Die organiseerders van die Spele in Parys sal dalk gedwing word om die swemskof van die driekamp by die Spele te kanselleer indien die watergehalte van die Seine-rivier nie verbeter nie. Kommerwekkende vlakke van die E.coli-bakterie is in onlangse toetse waargeneem en daar is ‘n moontlikheid dat somerreёn die toestand kan vererger. Die president van die Spele, Tony Estanguet, sê gebeurlikheidsplanne is in plek, insluitende om die item tot ‘n later datum in die Spele uit te stel. Die Spele begin op 26 Julie.