Bekende boer stem saam – daar’s te veel olifante

Namibië se olifantbevolking in die Kavango-Zambezi Oorgrenspark is besig om toe te neem. Volgens die jongste opname is daar 21 000 olifante in die Namibiese deel van die park, ‘n oorbevolking wat ernstige probleme veroorsaak in terme van mens-wild konflik. Kenners meen ook dat biodiversiteit word in die verband erg bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Piet Gouws, ‘n boer in die Kamanjab-omgewing wat gereeld konflik met olifante ervaar.