Nog ‘n party wil in verkiesing staan, daar’s reeds 21
Nog ‘n ongeregistreerde politieke party het hom aangesluit by die wedloop na die 2024 nasionale verkiesings. Die Namibië Progressiewe Party, of Nappa, beoog om Namibië teen 2055 van ‘n Derdewêreld- na ‘n Eerstewêreldland te transformeer, en om ekonomiese vryheid teen 2033 te lewer. Daar is reeds 21 politieke partye by die Verkiesingskommissie van Namibië geregistreer. Die land gaan op 27 November stembus toe en teen daardie tyd sal daar dalk meer geregistreerde politieke partye wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing hieroor gesels.