Drie Etosha-hekke, sanitasiegeriewe word opgradeer

Die omgewingsministerie is besig om drie van die toegangshekke na Etosha Nasionale Park op te knap. Die Anderson-, Von Lindequist- en Koning Nehale Lya Mpingana-hekke sal ‘n totale gedaanteverwisseling ondergaan. Reisigers moet daarop let dat daar ontwrigtings by hierdie hekke sal wees en miskien ook stof. Agt sanitasiegeriewe sal ook opgegradeer word by Olifantsbad, Homob, Grasdak, Okerfontein, Andoni, Sprokieswoud, Springbokfontein en Sonderkop. Die hele projek sal na verwagting teen Julie 2025 voltooi wees en 40,7 miljoen Namibiese dollar kos. Die ministerie sal ook fasiliteite en infrastruktuur in die Hardap Nasionale Park opgradeer teen ‘n koste van 7,2 miljoen dollar. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, gee meer inligting.