SA stel nuwe afstandswerkvisum in werking

Die buurland se minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het ‘n byvoeging aangekondig tot Suid-Afrika se visum-aanbiedinge, naamlik die afstandswerkvisum. Die visum is ontwerp vir mense wat in ander lande werk, maar afstandswerk wil doen terwyl hulle in Suid-Afrika woon. Dit is gemik op beroepe soos inligtings-tegnologie, ouditering en finansies. Aansoekers moet minstens een-miljoen Suid-Afrikaanse rand jaarliks verdien en sal vir ses maande belasting-kwytskelding kry op hulle werksinkomste.