Reuseprysgeld vir gouemedaljewenners in Parys
Olimpiese Spele: Die 48 atletiek-gouemedaljewenners by die Spele in Parys sal elk prysgeld van 926 000 Namibiese dollar kry. Die sport het die eerste geword om prysgeld aan te bied by ‘n Spele. Silwer- en bronsmedaljewenners sal van die 2028 Spele in Los Angeles af ook prysgeld verdien. Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, sê dit spruit uit ‘n besluit in 2015 dat al die geld wat die liggaam van die Internasionale Olimpiese Komitee vir die Spele kry, direk teruggeploeg moet word in die sport.