Regering ‘het nie genoeg malaria-voorsorgmaatreëls getref’

Altesaam 6 147 malariagevalle is vanaf Januarie tot Maart vanjaar aangemeld, volgens die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula. Die aantal gehospitaliseerde gevalle en sterftes tot dusver het meer as verdubbel teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Daar was sover vanjaar 630 opnames in hospitale en 15 sterftes, vergeleke met 287 opnames en 6 sterftes verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Richard Kamwi, voormalige gesondheidsminister en Namibiese verteenwoordiger van die Eliminate Malaria-veldtog, wat sê die regering het logisties versuim om die nodige voorsorgmaatreëls te implementeer.