Kernkragsentrale vir Namibië? Nee wat, sê kenner
Tjekero Tweya, hoof van die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne, het onlangs aangevoer dit is kortsigtig om Namibië se hulpbronne soos uraan uit te voer. Hy meen dit kan eerder binnelands vir energie benut word. Tweya sê ook daar ‘n gebrek aan strategiese beplanning om hulpbronne vir huishoudelike energie te benut. Chris Yelland, ‘n energie-ontleder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor of ‘n kernkragsentrale ‘n goeie idee vir Namibië is.