Pogings teen oorgrensmisdaad tussen SA en Mosambiek opgeskerp

Die minister van Polisie Bheki Cele sê minstens 23 voertuie wat in Suid-Afrika gesteel is en in Mosambiek opgespoor is, is terug by hulle eienaars sedert ‘n gesamentlike aksieplan in Februarie verlede jaar ingestel is. Cele en Mosambiek se minister van Binnelandse Sake, Pedro Ronda, het ‘n tegniese werksgroep in Maputo afgehandel. Hy sê beide polisiedienste het die aksieplan onderteken om transnasionale misdaad in die streek te beveg.