Alcaraz onttrek aan Monte Carlo weens armbesering

Tennis: Die Italianer Lorenzo Sonego is die gelukkige verloorder wat die derde-gekeurde Carlos Alcaraz by die Monte Carlo-meesters vervang. Die Spanjaard moes onttrek weens ‘n besering aan sy regterarm. Hy was vroeër bekommerd oor ‘n enkelbesering wat hom die afgelope tyd gepla het. Alcaraz het onttrek voor hy sy eerste wedstryd van die toernooi teen Felix Auger-Alliasime moes speel. Die Kanadees het nog ‘n Italianer, Luca Nardi, in die eerste ronde in skoon stelle geklop.