Kampioen Rahm mik na nog ‘n Meesters-wen

Gholf: Die verdedigende kampioen Jon Rahm is saam met Matt Fitzpatrick van Engeland en die Amerikaner Nick Dunlap in dieselfde groep vir die 88ste Meesters wat môre by Augusta National in Georgia begin. Die Spanjaard gaan probeer om vir die tweede agtereenvolgende keer die toernooi te wen sedert die 15-malige Major-kampioen Tiger Woods dit reggekry het. Woods slaan saam met sy landgenoot Max Homa en die Australiër Jason Day af. Die wêreld nommer-een, Scottie Scheffler, is saam met sy Amerikaanse landgenoot Xander Schauffele en Rory McIlroy van Noord-Ierland gegroepeer.