Ornitoloog bepleit insette oor bloukraanvoëls

Namibië se bloukraanvoëls is naby aan uitsterwing. Verlede jaar het die aantal bloukraanvoëls tot sowat 19 voëls afgeneem. Dit lyk asof stropery die spesie wat in die Etosha Nasionale Park voorkom, bedreig. Die ornitoloog Dirk Heinrich het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê met die laaste telling was daar net 16 bloukraanvoëls in Etosha oor. Hy pleit by die publiek om as hulle bloukraanvoëls sien, in Etosha of daarbuite, ‘n foto te neem en na sy e-pos te stuur by dirkuheinrich@gmail.com.