Maart se reënval vertoon swak

Die Namibiese weerdiens sê net Otavi en Okondjatu in die Otjozondjupa-streek het meer as 90mm reën in Maart aangemeld. Die groter meerderheid van die land het laer reënval gehad en die impak hiervan word vererger deur die swak vertoning van die hele reënseisoen. Daar is kommerwekkende neigings regoor die land. Gibeon het byvoorbeeld nie ‘n druppel reën in die maand ontvang nie wat 100 persent afwyking is. Vir die seisoen was reënval so swak dat daar ‘n 80 persent afwyking van die gemiddelde was. Daar is talle ander plekke wat tussen 70 en 90 persent minder reën ontvang het.