Hartseer voorval van GBV op Grootfontein

Geslagsgeweld-berigte raak al hoe meer gewelddadig en hartseer. ’n 40-jarige vrou is Dinsdagaand omstreeks 11-uur na bewering deur haar man op Grootfontein vermoor. Die vrou was werksaam as radiograaf by die Grootfontein Staatshospitaal. Sy is talle male oor haar liggaam met ‘n mes, vermoedelik deur haar 48-jarige man, gesteek. Die mag sê daar is ook suur op haar gegooi. Bure het die polisie ontbied en toe hulle op die toneel aankom het die man self reeds suur gedrink. Hy is kritiek in die Katutura-hospitaal. Die egpaar het ‘n minderjarige dogter.