Olifante word ‘n bedreiging vir biodiversiteit

Volgens die jongste Kavango-Zambezi Oorgrenspark-olifantopname het Namibië 9 persent, of 21 000 olifante, van die olifantbevolking in die park. Dit veroorsaak ‘n ernstige probleem in terme van mens-wild konflik – maar daar is meer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteitsnavorsingsentum by Nust oor die impak wat die toenemende aantal olifante op biodiversiteit het.