Hoekom het NBC 30% aandeel in maatskappy wat geen wins maak nie?

Die Mej. Namibië skoonheidskompetisie het hulle top 20 bekend gemaak op sosiale media, en terselftertyd het die kompetisie onder die loep gekom in die Nasionale Vergadering. Volgens die PDM se hoofsweep, Elma Dienda, het die nasionale uitsaaier, NBC, net 30 persent aandele in die kompetisie. Dienda sê die skoonheidskompetisie het geen wins gemaak nie en sy wou weet hoekom die uitsaaier dan ‘n aandeelhouer in die kompetisie is.

Inligtingsminister Emma Theofelus het so geantwoord.