Chikunga sê oor e-tol

Die buurland se vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, bied vandag ‘n mediakonferensie aan by die Sentrale Operasionele Sentrum van SANRAL in Centurion. Chikunga en die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, die raadsvoorsitter van SANRAL, Themba Mhambi, en die uitvoerende hoof, Reginald Demana, sal die praktiese gevolge van die skrap van e-tol bespreek. Volgens onlangse berigte word e-tol vanaf 12 April 2024 geskrap. Die amptenare sal vrae beantwoord oor verwikkelinge na die proklamasie in die Staatskoerant.