Voedsel en Namibië se kinders – dinge lyk nie goed nie

Verdwerging onder kinders het wêreldwyd met 25 persent afgeneem tussen 2000 en 2018. Dit het egter in alle streke van Afrika suid van die Sahara gestyg, deels weens ‘n swak dieet. Namibië het aansienlike vordering gemaak met die verbetering van kinders se gesondheidsuitkomste, soos blyk uit die afname in baba- en onder-vyf-sterftes. Daar was egter stadige vordering met die vermindering van wanvoeding. Verdwerging bly steeds onaanvaarbaar hoog teen 34,4 persent onder kinders onder vyf jaar, wat ‘n aanduiding is dat chroniese voedsel- en voedingsonsekerheid steeds algemeen voorkom. Gesondheid-minister Kalumbi Shangula het verklaar dat die situasie in werklikheid nie so somber is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Schernick, die direkteur van die Nutrition and Food Security Alliance of Namibia, oor die onlangse statistieke van die Cost of Hunger in Africa-verslag deur die Afrika-unie.