Switserse regering sal moet optree na hof besluit

Die Europese Menseregtehof het beslis Switserland se versuim om die klimaatskrisis behoorlik te takel,  is ‘n skending van menseregte. Meer as twee-duisend Switserse vroue, die meeste van hulle in hulle sewentigs, het die saak teen die Switserse regering aanhanging gemaak. Hulle voer aan die hittegolwe wat klimaatverandering aanvuur, ondermyn hulle gesondheid en lewensgehalte en verhoog hulle risiko om dood te gaan. Dié beslissing is die eerste een van die hof oor klimaatregsoptrede. Daar is nie ‘n reg op appèl nie en die uitspraak is wetlik bindend.