Uutoni berispe Gobabis-munisipaliteit

Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het ‘n beroep op die leiers van die Gobabis-munisipaliteit gedoen om eenheid onder mekaar te bevorder ten einde broodnodige ontwikkeling in die dorp aan te spreek. Uutoni het die dorp besoek na aantygings van korrupsie gemaak is deur twee komitee-lede. Uutoni sê verskille moet opsy gesit word en werk tot voordeel van die dorp moet gedoen word. Sy besoek kom te midde van ‘n stryery oor ‘n 4 persent salarisverhoging terwyl die dorpsraad reuse-skuld het, en die onwettige besetting van plaas Witsand. Agt van die grondlose boere is in hegtenis geneem. Hulle het Dinsdagmiddag in die hof op Gobabis verskyn en op borg van 800 Namibiese dollar elk vrygelaat.