Ierland se nuwe premier is jongste ooit

Simon Harris is Ierland se jongste eerste minister nog. Die land se Parlement het die 37-jarige goedgekeur as opvolger vir Leo Varadkar, wat verlede maand weens persoonlike en politieke redes onverwags bedank het. Varadkar het sy amptelike bedanking Maandag by president Michael D Higgins ingedien. Harris, die minister vir Voortgesette en Hoёr Onderwys, was die enigste kandidaat om sy naam voor te stel. Hy sal ‘n koalisieregering lei wat bestaan uit sy party, Fine Gael, asook Finna Fail en die Groenparty.