Babastortings in die nuus, 2 Maandag in Walvis gevind

Twee babastortings is in een dag by die Walvisbaai-polisie aangemeld. Munisipale werkers het Maandag op die lyk van ‘n pasgebore seuntjie in ‘n drein in Kuisebmond afgekom. Op dieselfde dag het ‘n ander groep munisipale werkers vullisdromme in Agaatstraat, Kuisebmond leeggemaak toe hulle die lyk van ‘n pasgebore babaseuntjie tussen die rommel agterop hul vragmotor ontdek het. Verlede week het die Erongo-polisie gesê die lyk van ’n pasgebore seuntjie is Woensdag by munisipale vullisgate in Swakopmund ontdek. Kosmos 94.1 Nuus het met Ingrid Husselmann, oud-kinderadvokaat en nou bedryfshoof by die kantoor van die Ombudsman, gepraat oor of babastortings deur ekonomiese krisisse of ‘n gebrek aan ondersteuning van familielede veroorsaak word.