Huispryse kry steeds swaar

Namibië se residensiële eiendomsektor dra steeds die swaarste van die verhoogde prys- en rentekoersomgewing soos waargeneem in swak koopaktiwiteite in alle streke, volgens FNB Namibië se jongste huisprysindeks. Die indeks het ‘n 12-maande gemiddelde groei van 1,5 persent aan die einde van die vierde kwartaal verlede jaar getoon, vergeleke met groei van 3,3 persent aan die einde van die derde kwartaal en -1,9 persent aan die einde van die vierde kwartaal van 2022. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ruusa Nandago, ‘n ekonoom by FNB Namibië.

Volgens Nandago het die gemiddelde huisprys in Namibië in die laaste kwartaal van 2023 1 214 674 Namibiese dollar bereik, ‘n effense daling van sowat 0,3 persent vanaf 1 218 086 dollar in die vorige kwartaal, maar ‘n styging van ongeveer 1,5 persent in vergelyking met 1 196 569 dollar in dieselfde drie maande van 2022.