Hoe lief kan een mens vir boeliebief wees?

‘n Ywerige boeliebief-eter het sy vingers in Nieu-Seeland verbrand. Die polisie in Aukland het nege aanklagte van diefstal teen die 39-jarige man aanhangig gemaak na hy na bewering boeliebief van 37 000 Namibiese dollar in verskeie voorvalle sedert November verlede jaar gesteel het. Hy is aangekeer toe hy een keer te veel probeer het om ‘n winkel te verlaat met 20 blikkies boeliebief en ander items sonder om te betaal. Personeel het die man herken wat gesoek word vir ‘n aantal diefstalle by winkels in die gebied en die polisie is ontbied om die man te arresteer.