Saftu het kommer oor miljarde wat in arbeidsprogram vanjaar belê is

In die buurland is die vakbond-groep Saftu uiters bekommerd oor die 23-miljard Suid-Afrikaanse rand wat deur die Arbeidaktiveringsprogram toegewys word aan sogenaamde werkskeppingskemas. Die geld kom van die Werkloosheidversekeringsfonds. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê dis moontlik dat hierdie programme nou ingespan word omdat die indiensneming-minister, Thulas Nxesi, en sy meelopers geld vir die verkiesing probeer insamel vir die ANC.