Waar is my wetsontwerpe, wil Ekandjo weet
Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo het die speaker se kantoor in die Nasionale Vergadering uitgevra oor die vordering van die wetsontwerpe wat hy verlede jaar in die parlement ter tafel gelê het. Ekandjo se private lede-wetsontwerpe is deur beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad goedgekeur. Hulle het ten doel om die term “eggenoot” te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer.
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, sê wanneer hy weer met president Nangolo Mbumba praat, sal hy die saak aanroer.