Voedselpryse styg weer (skerp) in Maart
Voedselpryse het weer in Maart gestyg met koffie en tee produkte wat die duurste geword het ‘n styging van 12,2 persent. Vis is 12 persent duurder en groente, 10,4 persent. Vir vrugte het jy gedurende Maart 9,8 persent meer betaal en 8 persent meer vir suiwel en eiers. Suiker en verwante produkte het jou 7,7 persent meer uit die sak gejaag en vleis, 5,4 persent. Olies en vette het gekrimp en kos 0,7 persent minder, en so ook brood en grane wat 1,4 persent goedkoper geword het. Inflasie vir die maand 4,5 persent, dieselfde as in Februarie.