Maart 2024 warmste maand op rekord
Die wêreld het sopas sy warmste Maart op rekord beleef, wat ‘n 10-maande tydperk waarin elke maand ‘n nuwe temperatuur-rekord opgestel het. Die EU se Copernicus Climate Change Service, bekend as C3S sê elkeen van die afgelope 10 maande is die wêreld se warmste op rekord. Die 12 maande wat met Maart eindig, is ook as die planeet se warmste tydperk van 12 maande wat nog ooit aangeteken is, gereken. Van April 2023 tot Maart 2024 was die globale gemiddelde temperatuur 1,58 grade Celsius bo die gemiddelde in die 1850-1900 tydperk.