Zuma hoor vandag oor MK-kandidaatskap
Die hof in Johannesburg sal vandag elektronies uitspraak lewer oor voormalige president Jacob Zuma se geskiktheid om aan die verkiesing deel te neem as ‘n uMkhonto we Sizwe-party kandidaat. Die party wil die Verkiesingskommissie se diskwalifikasiebesluit weens sy kriminele rekord omkeer. Zuma betoog hy is voortydig uit die presidensie geskop en daar is onafgehandelde sake. Regter Lebogang Modiba sê gegewe die kommissie se bindende program kan die hof redes ter syde stel.