Mnangagwa belowe hy sal uittree

In ‘n video wat deur die vooraanstaande Zimbabwiese koerant The Sunday Mail onthul is, het president Emmerson Mnangagwa bewerings verwerp dat hy vir ‘n ongrondwetlike derde termyn sal staan. Hy sê daar is geen bewyse waar hy of sy Zanu-PF-party ooit die Grondwet geskend het nie en voeg by hulle gehoorsaam die wet. Baie aandag is gevestig op ‘n slagspreuk wat die afgelope maande by Zanu-PF-saamtrekke gehoor is ‘2030 vaMnangagwa vanenge vachipo’ wat beteken dat Mnangagwa steeds in 2030 president sal wees.