DA het kommer oor howe in die buurland

Die DA wil verseker elke hof in die land funksioneer optimaal om openbare vertroue in die regstelsel te herstel. Dit volg na ‘n oorsigbesoek verlede week aan die laer- en hoërhowe in Pretoria, waar hulle kommerwekkende tekortkominge ontdek het. Onbenutte hofsale, tekorte aan personeel en onreëlmatighede met bedryf het vertragings met hangende sake vererger. ‘n Woordvoerder van die DA, Glynnis Breytenbach, vra vir verbeterings, insluitende outonomie met begrotings en aanstellings wat op meriete gebaseer is, ter wille van hierdie kwessies en om die integriteit van die regstelsel te handhaaf: