Zambiërs bly agter tralies vir trans-aanval

Die twee Zambiese vramgotorbestuurders wat in Januarie van poging tot moord aan die kus aangekla is, bly in aanhouding. Die saak het groot opslae gemaak omdat die twee ‘n transgender persoon ernstig aangerand het. Die twee, Shabombe Shiamenze, 32, en Jonathan Kamwa, 40, se borgaansoek is in die Walvisbaai-landdroshof van die hand gewys. Die twee mans het saam met ‘n vrou gekuier wat toe ‘n maat gebring het en die maat was transgender. Die saak is tot 13 Junie uitgestel. Die polisie se ondersoek is ook nog nie voltooi nie omdat die slagoffer in die hoofstad is.