Ministerie moet homself regruk

Diensstasie-eienaars is woedend vir die energie ministerie oor die kort kennisgewing van die brandstofprys-verhogings vir April. Volgens die eienaars het sommige nie tyd gehad om brandstof in te vul nie, aangesien elke motoreienaar hul na vulstasies gehaas het om vol te maak. Die ministerie het op ‘n Dinsdag veranderinge in brandstofpryse vir April aangekondig, wat om middernag in werking getree het. ‘n Vulstasie-eienaar van Oshikango, Jafet Nakanue, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy kommer uitgespreek.