Owerhede tree op met leeus wat Katima teister

Inwoners van Katima Mulilo in die verre noordooste word gemaan om uiters waaksaam te wees. Dit kom na twee rondloper leeus chaos veroorsaak het. Daar is berigte van vee wat aangeval en doodgemaak is en een persoon is ook ernstig beseer. Die omgewingsministerie kon daarin slaag om die mannetjie Maandagmiddag van kant te maak maar die wyfie het ontsnap en is steeds soek. Sou inwoners die leeu gewaar moet owerhede onmiddellik ingelig word.