NamPower se koste van kragvoorsiening is te duur

Reaksie word ontvang op NamPower wat die Elektrisiteitsbeheerraad gevra ‘n verhoging van 14,59 persent in sy tariewe. NamPower sê sy operasionele kostes is hoër as die huidige tarief wat hy ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië gepraat oor die impak wat die verhoging op verbruikers sal hê, veral ná die onlangse brandstofprysstygings.